18.08.2012, 14:18
Rud. P. VISSER
fl. 1930
Die Kunstenaar.
Dis slegs 'n oue grot waarin ek staan,
Van binne koud en donker, aaklig swart,
Met tekeninge op die wande hard,
En in 'n hoek 'n kopbeen, half vergaan.
'n Druppel water, soos 'n enkel traan,
Tap op die koue klipvloer, ru en hard;
Die lamp se lig gooi skaad'wees lang, verward,
En roerloos teen die rotswand bly ek staan.
Die oue tekeninge teen die wand, -
Die hartbeesbul, die man met sy lanset, -
Is lang deur wind en weer al swart geverf,
Maar tog werp dit nog lig op die verstand
Wat daardie kopbeen eentyd had; hier het
'n Kunstenaar gearbei en gesterf.