17.08.2012, 23:23
H.H. Joubert
1874 - 1929 Südafrika
Donderweer.
Verlate staan ek, stil en heel alleen,
en diep versonke in 'n vér gedagte.
Die nag se duister 's als die swart, vereen,
van tienmaal duisend maan-verlate nagte.
Toen breek die onweer met sij donderkragte
en vure los en slaat die nag, wat ween,
wijl hevig stoei in stijf verset, als wagte
van haar, die denne aldeur haar trane-reën.
Ek skrik - beklem, ontroer deur al die strijd, -
maar weldra wentel daar deur wolke-rete
'n sterre-heir en strooi 'n vrede-gloor
oor eensaam' woning en oor velde wijd.
Stil lê die Heelal, groot en ongemete,
geheime-swanger, in sij eeuwe-droom verloor.