![]() |
CRONJE, U.J.: Aan 'n versteende souriër-kopbeen - Druckversion +- Sonett-Forum (https://sonett-archiv.com/forum) +-- Forum: Sonett-Archiv (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=126) +--- Forum: Sonette aus germanischen Sprachen (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=394) +---- Forum: Niederländische Sonette (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=825) +----- Forum: ND-Autoren CD (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=1210) +----- Thema: CRONJE, U.J.: Aan 'n versteende souriër-kopbeen (/showthread.php?tid=21980) |
CRONJE, U.J.: Aan 'n versteende souriër-kopbeen - ZaunköniG - 18.08.2012 U.J. CRONJE fl. 1930 Aan 'n versteende souriër-kopbeen. Vlak in 'n blougruisbank aan Nadous voet het jy milleniums ongesteur gerus van nuwe wêreldwording onbewus en van die nuwer tyd se groter spoed. Vir jou ook seker was die lewe soet - en soms ook wreed - hier aan die oermeerkus, waar storms loei, of sagte soeltjies sus in slaap wat speel of spartel langs die vloed. 'n Skakel is jy tussen toe en tans, wat ons verbeelding vleuels aan laat skiet en na die tyd van krag en grootheid voer. Soos dwergies lyk ons langs die reusemans; maar dié verskil baar ons nog geen verdriet: Jul is deur vlees, ons word deur gees geroer. |