Sonett-Forum
VISSER, Rud. P.: Die Liefde Weet - Druckversion

+- Sonett-Forum (https://sonett-archiv.com/forum)
+-- Forum: Sonett-Archiv (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=126)
+--- Forum: Sonette aus germanischen Sprachen (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=394)
+---- Forum: Niederländische Sonette (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=825)
+----- Forum: ND-Autoren TUV (https://sonett-archiv.com/forum/forumdisplay.php?fid=1218)
+----- Thema: VISSER, Rud. P.: Die Liefde Weet (/showthread.php?tid=21979)



VISSER, Rud. P.: Die Liefde Weet - ZaunköniG - 18.08.2012

Rud. P. VISSER
fl. 1930



Die Liefde Weet.


Die vyeboom bot wanneer die lente kom,

Nog voor die eerste reëns die grond benat;

Nog voor die son keer van sy winterspad,

Pryk in die veld die eerste botterblom.



Die tortel koer sy liefdeslied, en om

'n Maat te win stryk hy sy veertjies glad,

Nog voor die son draai op sy Noorderpad

En warme winde uit die Ooste kom.



Die jongman glimlag skaam, maar voel vol moed,

Hy toon sy bors en kam sy hare glad;

Die jongnooi voor die spieël draai om en om,



Haar wange kleur van nuwe lewensbloed

En skaamrig loer sy na die ou wapad:

Die liefde weet wanneer sy lente kom.