Sonett-Forum

Normale Version: CRONJE, U.J.: Aan 'n versteende souriër-kopbeen
Du siehst gerade eine vereinfachte Darstellung unserer Inhalte. Normale Ansicht mit richtiger Formatierung.
U.J. CRONJE
fl. 1930


Aan 'n versteende souriër-kopbeen.



Vlak in 'n blougruisbank aan Nadous voet

het jy milleniums ongesteur gerus

van nuwe wêreldwording onbewus

en van die nuwer tyd se groter spoed.

Vir jou ook seker was die lewe soet

- en soms ook wreed - hier aan die oermeerkus,

waar storms loei, of sagte soeltjies sus

in slaap wat speel of spartel langs die vloed.

'n Skakel is jy tussen toe en tans,

wat ons verbeelding vleuels aan laat skiet

en na die tyd van krag en grootheid voer.

Soos dwergies lyk ons langs die reusemans;

maar dié verskil baar ons nog geen verdriet:

Jul is deur vlees, ons word deur gees geroer.